Lyrics

Wys vir my die plek waar ek eens vandaan gekom het Voor die strome van die lewe, my meegesleur het Hier in die onbekende, soek my voete vaste grond En die liefde wat ek destyds my hart voor gegee het So ek keer terug Na die plek wat my herinner wie ek is Oor see en land Ek strek uit my hand En jy is altyd die een wat hom kom vat Myself gevind net daar waar jy is want Jy is vryheid, jy is eindelose rus, vir my Jy is my huis, my bakenlig Vir jare lank nog soek ek, maar ek weet nie wat ek soek nie Soms deur 'n warrelwind gewaai, wat my kompas omgekeer het Maar iewers op daai wind, het jou stem my oor bereik En my swerwershart kom anker, toe ek reeds opegee het So ek keer terug Na die plek wat my herinner wie ek is Oor see en land Ek strek uit my hand En jy is altyd die een wat hom kom vat Myself gevind net daar waar jy is want Jy is vryheid, jy is eindelose rus, vir my Jy is my huis, my bakenlig As die storms woed oor my As die branders breek, skyn jy jou lig Ek sien jou lig Teen die einde van my moed As ek dink ek sink, skyn jy jou lig Ek sien jou lig Oor see en land Ek strek uit my hand En jy is altyd die een wat hom kom vat Myself gevind net daar waar jy is want Jy is vryheid, jy is eindelose rus Jy is vrede van 'n vroeë aand skemer kus vir my Jy is my huis, my bakenlig My bakenlig
Writer(s): Leon Gropp Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out