Credits

PERFORMING ARTISTS
Tabitha
Tabitha
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Stef Bos
Stef Bos
Composer

Lyrics

Ek is n vreemde hier Ek het my land gelos Ek het jou pad gekruis Ek het jou spoor gevolg Jy het gesê gaan terug Moe nie op my vertrou Maar jy's 'n deel van my Wat doen ek sonder jou En ek weet die toekoms is onseker En die donker is digby En ek weet ons wag 'n lang reis Reg deur die woestyn Reg deur die woestyn Maar jou land is my land Jou volk is my volk Jou taal is my taal En jouw God is my God En jouw droom is my droom Jou pad is my pad Jou toekoms my toekoms Jou hart in my hart Ek weet jou volk is bang Voor ons wat anders is Maar ek sal brugge bou Daar waar die afgrond is En ek sal terugverlang Daar waar die wind sal waai Wat uit die suide kom Van my geboorte grond Maar ek sal sterk wees En ek sal oorleef Want ek wil naas jou staan Al sal dit moeilyk wees Al sal dit moeilyk wees Maar jou land is my land Jou volk is my volk Jou taal is my taal En jouw God is my God En jouw droom is my droom En jouw pad is my pad Jou toekoms my toekoms Jou hart is my hart Jou deel is my deel Jou brood is my brood Jou lewe imy lewe Jou dood is my dood En wanneer die donker kom En jou mense my ontwyk Sal ek my liefde gee Totdat die haat verdwyn Totdat die haat verdwyn Want jou huis is my huis Jou angs is my angs Jou stilte my stilte Jou land is my land
Writer(s): Stef Bos Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out