Lyrics

Ek staan in die donker Ek voel jou lyf teen my vou Die laaste jare sonder jou was hel Gegiet in die groewe Van my hart en my siel Die draai en die drentel Van 'n draaiende wiel Ek hoor jou in die middel van die donker In die middel van die nag hoor ek jou Daar is lig hier in my Wat jou diep in my hart vas wil hou Ek sien jou as die maan hier huil As ek kom sal ek hom kom vertroos In die middel van die donker Los jy my woordeloos My hart is skerwe Ek kan nie sonder jou bestaan My siel tot sterwe En ek sal gaan waar jy gaan Ek weet nie meer nie Want jou foon hou aan lui Maar in die sterre bo my Skyn jou siel hier in my Ek hoor jou in die middel van die donker In die middel van die nag hoor ek jou Daar is lig hier in my Wat jou diep in my hart vas wil hou Ek sien jou as die maan hier huil As ek kom sal ek hom kom vertroos In die middel van die donker Los jy my woordeloos Ek sal nie hier alleen wil leef nie Kan jy my nou nie net vergeef nie? Al is dit donker om jou skyn jou son En ek hoor jou in die middel van die donker In die middel van die nag hoor ek jou In die middel van die donker Los jy my woordeloos
Writer(s): Rudi Claase Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out