Songtexte

Ek het gedink, maar sukkel met gedagtes Ek het gepraat, maar selde iets gesê Ek het gestry, maar struikel oor my woorde Ek ken my grense, kon hul net nooit verlê My vriende dink ek is 'n gladde prater Maar woorde klink soms nutteloos en flou Maar hierdie oë kan nie vir jou lieg nie Ek wil net noem hoeveel ek van jou hou Ek hoop jy dink ek hou die res vir later - Tot daar waar ek so vreeslik van jou hou Ons gooi dalk eendag klippies oor die water Dalk sê ek dan hoe mal ek is oor jou Kyk in my oë as jy my dan nie glo nie Ek wil ook sien hoeveel jy van my hou En ondanks al my stamelende woorde Moet jy tog weet hoe veel ek van jou hou Ek dink jy weet, moet net tog nooit, ja nooit vergeet nie Hoeveel ek van jou hou
Writer(s): Chiel Ottink, Gordon H G Groothedde, Hans Lambrechts Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out