album cover
Charon
10
Folk
Charon wurde am 30. Juni 2025 von 924784 Records DK als Teil des Albums veröffentlichtLuistergoed
album cover
Veröffentlichungsdatum30. Juni 2025
Label924784 Records DK
Melodizität
Akustizität
Valence
Tanzbarkeit
Energie
BPM108

Credits

PERFORMING ARTISTS
Coenie de Villiers
Coenie de Villiers
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Coenie de Villiers
Coenie de Villiers
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Mauritz Lotz
Mauritz Lotz
Producer

Songtexte

Die boot van die dooies
Vaar uit oor die see
Slegs Charon, die ou bootsman
Maak die tog weer eens mee
Die duisende siele
Staan stil op die dek
Dis 'n eenrigting-kaartjie
Dis 'n laaste vertrek
Dis 'n reis met momentum
Maar 'n vaart sonder haas
Daar's geen stemme wat praat nie
Gesprek is misplaas
Die prys van 'n kaartjie
Is vir almal gelyk
Dis gratis, sê Charon
As jy eenmaal beswyk
Die munte is 'n mite
Hier's dit sonder waarde
Geld het hier geen koopkrag nie
Jy begeer dit slegs op aarde
Kyk hoe breed is die Styx
Dis so groot soos 'n see
Maar daar is wel 'n oewer
Fluister die skipper verleë
Daar's doeane-beamptes
Wat die gaste ontvang
Hulle is meestal gelate
Maar soms is hul bang
Die veerboot se roete
Is vooraf bepaal
Met die sterre geblus
Kan dit nimmer verdwaal
Daar's geen rotse of riwwe
Geen koraal onderweg
Selfs die passasierslys se name
Is vooraf besleg
Dis altyddeur skemer
Die lug hier is koel
Dit is inderwaarheid
Hoe die ewigheid voel
N Tas is oorbodig
En 'n paspoort ook wel
Daar's niks te vergeet nie
Dis te laat om te kwel
Oor dit wat gedaan is
Oor dit wat moet bly
Dis nou alles geskiedenis
Ook die pyn is verby
Die duisende siele
Staan stil op die dek
En iewers – heel agter
Sal jy sien: Daar staan ek
Written by: Coenie de Villiers
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...