album cover
Die Ander Bethlehem
album cover
Die Ander Bethlehem wurde am 30. Juni 2025 von 924784 Records DK als Teil des Albums Luistergoed veröffentlicht
30. Juni 2025
Label924784 Records DK
SpracheEnglish
BPM
Melodizität
Akustizität
Valence
Tanzbarkeit
Energie

Songtexte

Soek vir my 'n plek
Vir die geboorte van my Seun
Die dae moet mild en blou wees
En 'n mens moet vér kan sien
Hoe mooi my Skepping wérklik is
Dis wat my Seun verdien
Ja, hoe mooi my Skepping wérklik is
Dis wat my Seun verdien
Daar kan selfs populiere wees
Aan die soom van 'n rivier
N bos wat herfsgeel staan
Met sy bome sterk en fier
Daarnaas 'n sandsteen-bergreeks
Wat kronkel oor die veld
Vanwaar die Mens My naam kan prys
En My Liefde kan vermeld
Die Engel soek vir weke
Na die plek wat God om vra
En vind die dorpie Bethlehem
Met sy blou en milde dae
En ja, daar is 'n bergreeks
En 'n bos en 'n rivier
Dis alles wat die Skepper soek
Ja kyk, dis alles hier
Die Skepper sug en skud Sy kop
Dis inderdaad net só
Maar die ster wat van Sy koms vertel
Gaan verder Noord verskyn
Die Suiderkruis bo Afrika
Sal voor daardie lig moet kwyn
Soek dus wéér vir my 'n Bethlehem
Soos die plek wat jy kon vind
Want ook in dáárdie Bethlehem
Sal hulle weet Hy is My Kind
Ja, ook in daardie Bethlehem
Sal hulle weet Hy is my Kind.
Written by: Coenie de Villiers
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...