Μουσικό βίντεο
Μουσικό βίντεο
Συντελεστές
PERFORMING ARTISTS
Arno Carstens
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Arno Carstens
Lyrics
Στίχοι
[Verse 1]
Die som van ons probleme stuur vir almal
'n Boodskap van hoop
Ek dink my vriend is die Messiah
Eenvoudig volmaak
Verafsku deur die massas, alleen denkend
En knaend onvanpas
Sou dit hy wees wat die wêreld eendag
Laat herontwaak
Wakker klap
Wakker klap
[Chorus]
Ontwaak in hierdie uur van nood
Laat die storie aan jou behoort
Waar daar rook is is daar 'n vuur
Ontwakend self
Gemaskerde dier
Ek verstik in hierdie fokken rook
Oh, dis onsin hierdie ondier
Dis onsin hierdie ondier
Die gebou val 'n waterwal ontwakend self
Agter die masker
Agter die masker
Ja agter die masker
'n Gewapende dier
[Verse 2]
Soms skryf vir almal 'n getikte brief met 'n pen
Om ons te herinner aan die prag van eenvoud
En ons doel om te verken
Verken
Ontwortel omhoog
Voorwaarts sag
In hierdie oerwoud is jy die byl
In hierdie leeftyd is jy gesag
Varsklap
Varsklap
[Chorus]
Ontwaak in hierdie uur van nood
Laat die storie aan jou behoort
Waar daar rook is is daar 'n vuur
Ontwakend self
Gemaskerde dier
Ek verstik in hierdie rook
Oh, dis onsin hierdie ondier
Die gebou val 'n waterwal ontwakend self
Agter die masker
Ja agter die masker
Gemaskerde dier
[Bridge]
Hy sê ons moet glimlag en dans in die tronke van verdriet
En nooit opsy staan vir 'n beter lied
'n Atoombom van hartstog is net tydelik my vriend
En jou voorbeeld van blydskap is sterker as verdriet
[Chorus]
Ontwaak in hierdie uur van nood
Laat die storie aan jou behoort
Waar daar rook is is daar 'n vuur
Ontwakend self
Gemaskerde dier
Ek verstik in hierdie rook
Oh, dis onsin hierdie ondier
Dis onsin hierdie ondier
Die gebou val 'n waterwal, ontwakend self
Agter die masker
Agter die masker
Agter die masker
Agter die masker
'n Gewapende dier
Written by: Arno Carstens

