Lyrics

Wat as jou hande nooit verander Streel sonder om te raak Wat as die woorde steeds vooruit stap Ek steeds mompel as ek praat Wat as die wonderwerk verby is En ons skree teen die wind Binnemonds still gelowig Ek het my diepste seer gevind Ek wil nooit weer sing nie Ek sal nooit weer sing nie Engel lê jou vlerke neer Jy het meer as hard genoeg probeer Om die wêreld te draai My hart te herlaai En jou lig oor ons te saai Ek verander as jy vuisslaan Ek voel beter as jy sing In die prentjie word jy nooit ouer 'N hemel teen die wêreld kind Ek wil nooit weer staan nie Ons sal nooit bestaan nie Engel lê jou vlerke neer Jy het meer as hard genoeg probeer Om die wêreld te draai My hart te herlaai En jou lig oor ons te saai En oor die wêreld, en oor die wêreld En oor die wêreld, en oor die wêreld En ek lê jou vlerke neer Ek het meer as hard genoeg probeer Om die aarde terug te draai My hart te oorlaai En die laksman te verraai Engel lê jou vlerke neer Jy het meer as hard genoeg probeer Om die wêreld te draai My hart te herlaai En jou lig oor ons te saai En oor die wêreld Toe verloor die wêreld... Toe verloor die wêreld... Toe verloor ons
Writer(s): Lourens Lombaard Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out