Music Video
Music Video
Credits
PERFORMING ARTISTS
Theuns Jordaan
Lead Vocals
Juanita du Plessis
Lead Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Juanita du Plessis
Songwriter
Lyrics
Ken jy die pad na 'n plek wat 'n merk in jou hart los?
Ken jy die spore van saamwees deur die droë Karoo?
Waar elke oomblik tussen ons geanker bly
Waar al my wense lê en wag om jou te kry
O, bring, bring jou mooiste drome
Bring jouself, jou liefdeswoorde
Jou huis is waar jou hart is, in die Klein Karoo
Gooi jou stem oor al die vlaktes
Graveer my naam in jou gedagtes
Bring jou hart, bring jou lewe na die Klein Karoo
Soek jy 'n skuilplek wat die vrees in jou laat bedaar?
Soek jy 'n lêplek wat jou warm hou in die nag?
Oor berg en dale loop ek vir jou as jy verdwaal
Op die horison se lyn kom ek jou haal
O, bring, bring jou mooiste drome
Bring jouself, jou liefdeswoorde
Jou huis is waar jou hart is, in die Klein Karoo
Gooi jou stem oor al die vlaktes
Graveer my naam in jou gedagtes
Bring jou hart, bring jou lewe na die Klein Karoo
Bring, bring jou mooiste drome
Bring jouself, jou liefdeswoorde
Jou huis is waar jou hart is, in die Klein Karoo
Gooi jou stem oor al die vlaktes
Graveer my naam in jou gedagtes
Bring jou hart, bring jou lewe na die Klein Karoo
Bring jou hart, bring jou lewe na die Klein Karoo
Bring jou hart, bring jou lewe na die Klein Karoo
Written by: Juanita du Plessis