album cover
The Shell
1
World
The Shell was released on 1 January 1999 by Karin Hougaard as a part of the album Muse
album cover
AlbumMuse
Release Date1 January 1999
LabelKarin Hougaard
LanguageEnglish
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy
BPM

Credits

PERFORMING ARTISTS
Karin Hougaard
Karin Hougaard
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Karin Hougaard
Karin Hougaard
Songwriter

Lyrics

Jy maak my so mooi dat ek dink dat my oë
Die mooiste van alle oë is
Want my oë is geen gewone oë
My oë is die mooiste oë
My oë is die enigste oë
Die enigste in jou oë
Jy maak my so mooi dat ek dink dat my mond
Die mooiste van alle monde is
Want my mond is geen gewone mond
My mond is die mooiste mond
My mond is die enigste mond
Die enigste mond vir jou mond
Op hoë golwe van selfvertroue
Op 'n hoë troontjie van trots
Met die gulle lag van sekerheid
Geloof so vas soos 'n rots
Laat ek my lei sonder angs
Wil ek by jou staan
Dat ek op 'n teken van jou
Die wêreld in kan gaan
Jy maak my so vry dat ek dink dat my lewe
Die vryste van alle lewens is
My lewe is nie sommer 'n lewe
My lewe is die vryste lewe
My lewe is die enigste lewe
Want my lewe is jou lewe
En jy het my so lief dat ek dink my dood
Ons nooit van mekaar kan skei nie
Want my dood is geen gewone dood
My dood is die enigste dood
Dis teruggaan na my moederskoot
Om dan weer met jou te begin
Op hoë golwe van selfvertroue
Op 'n hoë troontjie van trots
Met die gulle lag van sekerheid
Geloof so vas soos n rots
Is ek vir niks, nee niks nie bang
Het ek altyd 'n hart wat vergewe
Sing ek van liefde lewenslank
Sal ek langer as almal lewe
Sal ek langer as almal lewe
Sal ek langer as almal lewe
Written by: Karin Hougaard
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...