क्रेडिट्स

PERFORMING ARTISTS
Adam Tas
Adam Tas
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Kobus 'Koekoes' Bezuidenhoud
Kobus 'Koekoes' Bezuidenhoud
Composer

गाने

[Verse 1]
Op 'n riempies bank, in 'n rietdak huis
Liewe Jesus en my pa
Hulle praat so oor die boerdery
En al die peste wat so pla
[Verse 2]
Op 'n Agastoof staan 'n ketel en kook
Soet swart boeretroos
Daar's 'n glimlag op Jesus se gesig
En in my pa se blou, blou oë
[Chorus]
En is dit hoe Sy Hemel lyk?
En is dit hoe Sy Hemel proe?
En hoeveel paaitjies moes hy loop
Om 'n stukkie van sy Hemel te proe?
En hoeveel paaie moes hy loop
Om 'n stukkie van sy Hemel te proe?
[Verse 3]
Op 'n visserman skuit in 'n silwer see
Sit my vriend Schalk en vang
Sulke groot vet visse wat sy nette skeur
En soos reën in sy boot in val
[Verse 4]
En ek sien hoe hy na sy Hemel kyk
Daar's 'n glimlag in sy oë
En sy laaste vakansie was so welverdiend
Soos Manna uit die Hand van Bo
[Chorus]
En is dit hoe Sy Hemel lyk?
En is dit hoe Sy Hemel proe?
En hoeveel paaitjies moes hy loop
Om 'n stukkie van sy Hemel te proe?
En hoeveel paaie moes hy loop
Om 'n stukkie van daai Hemel te proe?
[Outro]
Op 'n riempies bank, in 'n rietdak huis
Sit Liewe Jesus en my pa
Hulle praat so oor die boerdery
En sê alles is okay, my bra
Written by: Kobus 'Koekoes' Bezuidenhoud
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...