म्यूज़िक वीडियो
म्यूज़िक वीडियो
क्रेडिट्स
PERFORMING ARTISTS
Adam Tas
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Kobus 'Koekoes' Bezuidenhoud
Composer
गाने
Ou Ben Bicycle was 'n legend in die Gamtoosvallei
Hy't gewerk by die koöperasie tien myl ver van sy huis
Sy fiets die het nie gears nie, teen die bulte moes hy stap
En almal het sy tune geken wat hy fluit so langs die pad
Ou Ben Bicycle
Ou Ben Bicycle
Ou Ben Bicycle het daai dik wiel van hom getrap
Met sy kosblik op sy carrier en 'n half-jack in sy sak
En orals langs die harde pad hoor jy hoe hy fluit
En sometimes klink dit sweerlik of die speke ook die wysie kry
Ou Ben Bicycle
Ou Ben Bicycle
Eendag het ek hom voorgekeer terwyl hy werk toe ry
En probeer uitvind waar hy daardie wysie kry
Hy sê, 'My lanie, ek het dit een keer lank terug gehoor
Ek ken nie die naam nie, maar dit val so lekker op die oor'
Ou Ben Bicycle
Ou Ben Bicycle
En een aand terug huistoe terwyl hy fluit-fluit ry
Het hy 'n bietjies te veel courage uit sy half-jack uit gekry
En êrens teen 'n afdraand het hy 'n trekker overtake
Hy't nooit die lorrie sien kom nie, ek weet nie hoe het hy gekyk
Ou Ben Bicycle het daai aand sy Meester ontmoet
O en almal op hierdie aarde so fluit-fluit gegroet
En partykeer, partykeer laatnag langs die harde ou grondpad
Hoor jy sy ou wysie wat hom altyd huis toe sou vat
Written by: Kobus 'Koekoes' Bezuidenhoud

