क्रेडिट्स

PERFORMING ARTISTS
Adam Tas
Adam Tas
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Adam Tas
Adam Tas
Composer
Kobus Bezuidenhoud
Kobus Bezuidenhoud
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Christie Schutte
Christie Schutte
Producer

गाने

Haar beloftes raak weg in die mis
Soos 'n spookskip langs die Skedelkus
En haar Chivas Regal-glimlag
Los my spook tot laatnag
En ek wonder waar kruip sy weg vir my
Of my missing pieces daar by haar sal kry
Sy's 'n Pandora's boks vol nuwe sondes
'n Rondloopsiel in vlees gebonde
Maar niemand is so doof
Soos 'n man wat nie wil hoor
En ek wonder wat skink sy in my glas vanaand
Whiskey vir die swerwer met sy hoed in sy hand
Ek lê haar saam met kwepers in canned-fruit-bottels in
Ek riem vir haar gebede in ons beste linne in
Maar sy wag vir my waar die aasvoëls draai
Oor die karkas van haar Valentine
Oh, oor die karkas van haar Valentine
Sy plant my in haar tuin
Lei my nat met wyn
En snoei my blare stompaf
Tot ek spoorloos verdwyn
Ek vryf haar soos samboksalf
Op my seerplekke in
En ek het haar gevra om in my oë te kyk
En verbeel hoe happy ek sonder trane sal lyk
Ek riem vir haar gebede in ons beste linne in
En ek lê vir haar met kwepers in canned-fruit-bottels in
Maar sy wag vir my waar die aasvoëls draai
Oor die karkas van haar Valentine
Oh, oor die karkas van haar Valentine
Ek lê haar saam met kwepers in canned-fruit-bottels in
Ek riem vir haar gebede in ons beste linne in
Maar sy wag vir my waar die aasvoëls draai
Oor die karkas van haar Valentine
Oh, oor die karkas van haar Valentine
Ek riem vir haar gebede in ons beste linne in
En ek lê vir haar met kwepers in canned-fruit-bottels in
Maar sy wag vir my waar die aasvoëls draai
Oor die karkas van haar Valentine
Oh, oor die karkas van haar Valentine
Written by: Adam Tas, Kobus Bezuidenhoud
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...