クレジット

PERFORMING ARTISTS
Robbie Wessels
Robbie Wessels
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Robbie Wessels
Robbie Wessels
Songwriter

歌詞

Op 'n bult in Pretoria staan my oupa se huis
Ons ry op teen die skuinste, ons is moeg na die reis
Oupa wys ons sy treintjie in sy garage
En ons hardloop inderhaas
Ons groet die oupas, die oumas, die nefies, die niggies
Die oomies, die tannies, die Kersboom se liggies gaan aan en af
Ek onthou al die stories, ek onthou al die grappies
Op ou-Kersaand hou ons konsert op die trappies
Ek was 'n wyse man en my boetie was Josef
My sussie Maria en my kleinboetie Jesus
Al was ek nie daar nie, ek weet dit is waar
Die krip en Maria met die kindjie by haar
My oupa se swembad kon ons ure uitspat
Moet nog gly met leë bokse tot die skemer ons vang
Teen die graswalle af langs Pinnochio se dam
Oh, Pinnochio se dam
Reg sit die die oupas, die oumas, die nefies, die niggies
Die oomies, die tannies, die Kersboom se liggies gaan aan en af
Ek onthou al die stories, ek onthou al die grappies
Op ou-Kersaand hou ons konsert op die trappies
Ek was 'n wyse man en my boetie was Josef
My sussie Maria en my kleinboetie Jesus
Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee
In doeke toegedraai in 'n krip en Hy sal genoem word
Wonderbare raadsman, magtige God
Ewige Vader, vredefors
Al was ek nie daar nie, ek weet dit is waar
Die krip en Maria, met die kindjie by haar
Dis as of die engel, die boodskap nog bring
Van Jesus sy vrede wat harte laat sing
Written by: Robbie Wessels
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...