歌詞

Hierdie wêreld het genoeg Van dieselfde ou konings Op dieselfde ou trone Met dieselfde dooie drome Wanneer laas is daar 'n kind In 'n krip gekroon Wanneer kan ons in 'n ware vredemaker glo Gee ons rus in die stede waar die ligte altyd brand Laat ons afskakel Wys ons waar daai helder ster nou hang Vrede vir ons planeet wat so dors is Mag ons skoonheid herontdek Daar waar skoonheid vermors is Hierdie wêreld het teveel verwarde seisoene Nog 'n sneeuman in die somer tussen nagemaakte bome Wanneer laas was ons in voeling met die dorings in ons vlees Sal ons ooit 'n goeie tyding met ons splinteroë lees Gee ons rus in die stede waar die ligte altyd brand Laat ons afskakel Wys ons waar daai helder ster nou hang Vrede vir ons planeet wat so dors is Mag ons skoonheid herontdek Daar waar skoonheid vermors is Gee ons rus in die stede waar die ligte altyd brand Laat ons afskakel Wys ons waar daai helder ster nou hang Vrede vir ons planeet wat so dors is Mag ons skoonheid herontdek Daar waar skoonheid vermors is
Writer(s): Johan Deon Meiring Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out