歌詞

Keelvol vir die krake Wat my muntstukke bly sluk Hoopvol soos Cohen s'n Wat poorte is vir lig Keelvol gesukkel Soos my sente om te Voel ek is genoeg Hoopvol soos Leipoldt se rykdom Wat verbeeldingryk kan roem So laat my skyn Gee my 'n kans En laat my skyn So laat my skyn Hierdie klein Ligstippel van my Keelvol vir die goedkoop goed Wat my weerloosheid verdoof Hoopvol soos die regte ek in die plek Van als wat ek verloor Keelvol vir dieselfde ou verval Maar net met anderste vernis Hoopvol soos Thomas se verset Teen die afsterwe van lig So laat my skyn Gee my 'n kans En laat my skyn So laat my skyn Hierdie klein Ligstippel van my So laat my skyn Gee my 'n kans En laat my skyn So laat my skyn Hierdie klein Ligstippel van my Keelvol geskarrel vir kleingeld Om my ou self in te ruil Hoopvol soos blinkende talente Wat ware kleure wys Keelvol vir stemme wat eensydig Alwetend wil weerklink Hoopvol soos Krog leestekenloos Aan die ander kant van hierdie munt So laat my skyn Gee my 'n kans En laat my skyn So laat my skyn Hierdie klein Ligstippel van my So laat my skyn Gee my 'n kans En laat my skyn So laat my skyn Hierdie klein Ligstippel van my So laat my skyn So laat my skyn So laat my skyn Gee my 'n kans En laat my skyn So laat my skyn Hierdie klein Hierdie klein Laat my skyn Hierdie klein
Writer(s): Johan Deon Meiring Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out