ミュージックビデオ
ミュージックビデオ
クレジット
PERFORMING ARTISTS
Laurika Rauch
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Christopher Torr
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Laurika Rauch Produksies Edms Bpk
Producer
歌詞
[Verse 1]
My oom se motor is 'n ou masjien
Hy maak dit vol met dieselien
En hy sing in die strate as hy ons kom sien
My oom is oud en ek is skaars dertien
[Verse 2]
My oom drink koffie en my tannie tee
Ek vra oor die reën, en hy sê ja-nee
En hy drink soet koffie met sy een oog toe
En hy praat weer oor die drie van Mannetjies Roux
[Chorus]
O, stuur ons net so 'n bietjie reën
My oom het 'n tenk vol dieselien
En seën my pa, en seën my ma
En my oom op sy plaas in Afrika
[Verse 3]
Maar my oom het gesukkel op die plaas
Want die son was te warm en die reën te skaars
En die man van die bank het net sy kop geskud
Want my oom, ja, my oom was te diep in die skuld
[Verse 4]
My oom se motor is 'n ou masjien
Hy maak dit vol met dieselien
En hy ry na die lande in die oggenddou
Die lande vaal en sy oë grou
[Chorus]
O, stuur ons net so 'n bietjie reën
My oom het 'n tenk vol dieselien
En seën my pa, en seën my ma
En my oom op sy plaas in Afrika
[Verse 5]
En as jy in die oggend in die lande stap
Hoor jy nog sy motor met sy klak-klak-klak
Maar my oom, ja, my oom se oë's nou albei toe
In sy brief stuur hy groete aan Mannetjies Roux
[Chorus]
O, stuur ons net so 'n bietjie reën
My oom het 'n tenk vol dieselien
En seën my pa, en seën my ma
En my oom op sy plaas in Afrika
Written by: Christopher Torr