크레딧
실연 아티스트
Brendan Peyper
실연자
작곡 및 작사
Niel Schoombee
가사
William Loots
작곡가
프로덕션 및 엔지니어링
Christian Wolf
프로듀서
가사
Want jou mond
Jou mond
Jou mond is in die pad
Vir die derde keer, die laaste rondte
En ek kan nie wag om te sien hoe hierdie aand uitspeel, uitspeel
Net 'n vinnige draai hier by my pelle
En ek kan nie glo teen hierdie uur is daar nog so lawaai, lawaai
Toe staan jy daar, toe sien ek jou
Toe weet ek hoe 'n engel op 'n plaasdorpie lyk
Ek kyk vir jou, jy kyk vir my
En kyk waar staan ons nou
Al moes ek lankal eintlik ry
Maar ek kan nie, ek kan nie
Dis 'n laatand wakker, kan-nie-beter lekker
Môre's vroeg opstaan, nou-nou lui die wekker
Voor die son en die maan gatskuur
Dis 'n aanhou-kuier, vinniger en beter
Soos die ure loop raak jy al hoe mooier
En ek kan nie hier wegkom nie
Want jou mond
Jou mond
Jou mond is in die pad
Hierdie gaan my nog 'n rukkie vat
Vir die vierde keer doen ek die rondte
Toe jou oë my vang en hierdie bene van my briek aandraai, aandraai
Jy's so uit my plan, maar ek kan nou al sien
Hier kom moeilikheid as jy daai wimpers voor my waai, my waai
Toe staan jy daar, toe sien ek jou
Toe weet ek hoe 'n engel op 'n plaasdorpie lyk
Ek kyk vir jou, jy kyk vir my
En kyk waar staan ons nou
Al moes ek lankal eintlik ry
Maar ek kan nie, ek kan nie
Dis 'n laatand wakker, kan-nie-beter lekker
Môre's vroeg opstaan, nou-nou lui die wekker
Voor die son en die maan gatskuur
Dis 'n aanhou-kuier, vinniger en beter
Soos die ure loop raak jy al hoe mooier
En ek kan nie hier wegkom nie
Want jou mond
Jou mond
Jou mond is in die pad
Hierdie gaan my nog 'n rukkie vat
Ek gaan vanaand altyd onthou
Terwyl jy dans in my arms
Die maan wat lag en 'n ogie hou
Sommer net sonder woorde
As jou lippe my hier vashou
Jy weet ek kan nie terughou
Dis 'n laatand wakker, kan-nie-beter lekker
Môre's vroeg opstaan, nou-nou lui die wekker
Voor die son en die maan gatskuur
Dis 'n aanhou-kuier, vinniger en beter
Soos die ure loop raak jy al hoe mooier
En ek kan nie hier wegkom nie
Ek kan nie hier wegkom nie
Want jou mond
Jou mond
Jou mond
Jou mond is in die pad
Hierdie gaan my nog 'n rukkie vat
Want jou mond
Jou mond
Jou mond
Oe, jou mond
Jou mond is in die pad
Hierdie gaan my nog 'n rukkie vat
Written by: Niel Schoombee, William Loots