album cover
Die Dapper Muis
album cover
Die Dapper Muis은(는) {albumName} 앨범에 수록된 곡으로 2001년 11월 16일일에 Delarey Musiek에서 발매되었습니다.Carike In Kinderland
2001년 11월 16일
라벨Delarey Musiek
BPM133
멜로디에 강한 음악
어쿠스틱 악기 중심
발랑스
춤추기 좋은 음악
에너지

뮤직 비디오

뮤직 비디오

가사

Ek's 'n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis
En daar's niks waarvoor ek skrik nie
Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang
Nee, daar's niks waarvoor ek skrik nie
En sê nou daar's 'n kat?
Oe, 'n kat?
Ja, 'n kat met 'n huis wat altyd hunker na 'n muis
Nou ja
Buiten 'n kat
Is daar niks waarvoor ek skrik nie
Ek's 'n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis
En daar's niks waarvoor ek skrik nie
Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang
Nee, daar's niks waarvoor ek skrik nie
En sê nou daar's 'n valletjie?
'n Valletjie?
Ja, 'n ding wat val met 'n gruwelike knal
Nou ja
Buiten 'n kat en 'n valletjie
Is daar niks waarvoor ek skrik nie
Ek's 'n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis
En daar's niks waarvoor ek skrik nie
Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang
Nee, daar's niks waarvoor ek skrik nie
En sê nou daar's 'n uil?
'n Uil?
Ja, 'n uil van wie muise altyd skuil
Nou ja
Buiten 'n kat en 'n valletjie en 'n uil
Is daar niks waarvoor ek skrik nie
En wat van 'n lawaai, soos 'n haan wat kraai?
En 'n gebreek en 'n gekraak en iets wat tjiep-tjiep maak?
En 'n getjingel en 'n getingel en 'n gekletter en 'n geknetter?
En 'n boems en 'n kardoems?
Waar's jy?
Nou ja
Buiten 'n kat met 'n huis wat altyd hunker na 'n muis
En 'n ding wat val met 'n gruwelike knal
En 'n uil in die nag wat vir muisies sit en wag
En 'n yslike lawaai soos 'n haan wat kraai
'n Gebreek, 'n gekraak, iets wat tjiep-tjiep maak
'n Getjingel, 'n getingel, 'n gekletter, 'n geknetter
En 'n boems en 'n kardoems
Is daar niks waarvoor ek skrik nie
Jy jok
Written by: B. Misheiker

Loading...