album cover
Die Lappop
898
Children's Music
Die Lappop은(는) 앨범에 수록된 곡으로 2001년 11월 16일일에 Delarey Musiek에서 발매되었습니다.Carike In Kinderland
album cover
발매일2001년 11월 16일
라벨Delarey Musiek
멜로디에 강한 음악
어쿠스틱 악기 중심
발랑스
춤추기 좋은 음악
에너지
BPM134

뮤직 비디오

뮤직 비디오

크레딧

실연 아티스트
Carike Keuzenkamp
Carike Keuzenkamp
실연자
작곡 및 작사
B. Misheiker
B. Misheiker
작곡가

가사

Iemand het 'n lappop op 'n ashoop weggegooi
Sy was gedaan en stukkend, verbleek en nie meer mooi nie
Op die ashoop hoor sy stemme praat en die verwelkom haar
Maar, o, ellende, toe sy kyk Wat sien die lappop daar?
Net 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen
'n Grammefoonplaat en 'n kous sonder maat
Net 'n leë bottel bier, 'n verlepte angelier
'n Gelapte binneband en 'n ou koerant
Ag, hoe droewig voel die lappop, toe sy alleen daar lê
Want sy weet dat niemand ooit vir haar, vir lappop meer wil hê nie
'n Traan loop oor haar lappop wang want dit begin te reën
En daar lê sy ou lappoppie op die ashoop so alleen
Met 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen
'n Grammefoonplaat en 'n kous sonder maat
Net 'n leë bottel bier, 'n verlepte angelier
'n Gelapte binneband en 'n ou koerant
Ag nee, wat sê die lappop, ek soek 'n ander oord
Wat sal die wêreld van my dink, want soort jy weet soek soort
Ag, almal wil vir lappop troos en soebat sy moet bly
Hulle sê dis die mooiste ashoop die, wat 'n mens nog ooit kan kry
Net 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen
'n Grammefoonplaat en 'n kous sonder maat
Net 'n leë bottel bier, 'n verlepte angelier
'n Gelapte binneband en 'n ou koerant
Al die goeters op die ashoop hou gou vergadering
En besluit vir lappop te bekroon as die Ashoop Koningin
Van toe af bly die lappoppie so trots tevrede daar
En al haar onderdane, die dien getrou vir haar
Ja, die vrot pampoen en die stukkende skoen
Die grammefoonplaat en die kous sonder maat
Ja, die 'n leë bottel bier, die verlepte angelier
Die gelapte binneband en die ou koerant
Written by: B. Misheiker
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...