Tekst Utworu

Ek het jare lank geboer buite rustenburg Toe vat die bliksemse regering my plasie terug Van n uitsig oor die bosveld en n reuse skuur Tot n erfie met n tuintjie en n ses voet muur Opgestaan in die oggend met n haan wat kraai Nou word ek wakker met my buurman wat nogsteeds braai Dit is 3 uur in die oggend en my kop bly klop Op die maat van die musiek en die tjops en dop O help my help my die karre raas vroeg Die gedurige gedruis maak my o so moeg En die sterrelose hemel laat my so terugdink Aan die aandster, die suidekruis,die drie susters Ek droom in die aande ek is op my plaas Kan die jakkals en die gaanse op my dam hoor raas Maar dit word gou verhinder deur n motorbike Teen 220 soos n maniak Ek verlang na my beeste en my bosveldvuur Wat deur die stilte knetter in die laatnaguur En ek mis ok al al my werkers en my voorman jak Wat somtyds net hier langs my in die veld kom poef O help my help my die karre raas vroeg Die gedurige gedruis maak my o so moeg En die sterrelose hemel laat my so terugdink Aan die aandster, die suidekruis,die drie susters Maar nou sit ek innie middel van Pretoria Ek het niks om te doen nie en my geld is klaar Gee my n hosepipe en n graaf en n honderd rand Dat ek tenminste n boom in die grond kan plant Maar die kos is te duur en my vrou bly kla Hier is niks in die huis nie sal die bank moet vra Om die lening op ons huis weer oop te maak Voor die water in die krane ook op gaan raak O help my help my die karre raas vroeg Die gedurige gedruis maak my o so moeg En die sterrelose hemel laat my so terugdink Aan die aandster, die suidekruis,die drie susters Mister Ramaphosa, gee terug my plaas Mister Ramaphosa, vat my terug Mister Ramaphosa, jy is die baas Mister Ramaphosa, ek mis my plaas Ek mis my plaas O help my help my die karre raas vroeg Die gedurige gedruis maak my o so moeg En die sterrelose hemel laat my so terugdink Aan die aandster, die suidekruis,die drie susters O help my help my die karre raas vroeg Die gedurige gedruis maak my o so moeg En die sterrelose hemel laat my so terugdink Aan die aandster, die suidekruis,die drie susters Asseblief oom Cyril, gee terug my plaas
Writer(s): Robbie Wessels Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out