Слова

Ek het 'n vriendin ver by die blou see Teen die hang van Tafelberg, as die son sak, speel sy die mooiste melodiëe Haar vingers ken die pad opgesluit in wit en swart Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange, verstaan die hart se diepste smart Koortjie: (x2) Ja, die hele wereld word stil, en luister in die donker uur Na die naggeluide van Lisa se Klavier En Lisa kannie ophou as sy eers begin het nie, Ek staan op haar balkon, ek drink haar appelkoostee Kyk uit na Kaapstad in die nag, die liggies, en die swart, swart see Koortjie (x2) En onder op die sypaadjie, sien ek die bergie en sy maat Staan op en opkyk ver na bo, vannuit die vullis van Oranjestraat Hul ken al lank die klanke wat uit haar woonstel stroom Lank na twaalf, met die deure oop, al moan die bure ookal hoe, Word Lisa elke boemelaar se droom Koortjie
Writer(s): Andre Le Roux Du Toit, Valiant Swart Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out