Music Video

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Janita Claassen
Janita Claassen
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Johann Strauss
Johann Strauss
Composer
Babs Pretorius
Babs Pretorius
Lyrics

Lyrics

Hoe... Hoe... Hier waar ek droom In Venesië by water se soom Is ek langs die kanaal Om verlore liefde te haal Want jy het eens in 'n gondel jou drome bely Maar nou gly daardie gondel verby, net verby Wiener Blut, Weense Bloed Eie krag, eie sap, lewensgloed Wiener Blut, Weense Bloed Laat ons leef en beleef laat herleef Wiener Blut, Weense Bloed In ons are vloei Wene se bloed By rivieroewer was, harte vas aan die walsmaatpas En gedagtes kom na my Uit die dae lank verby Dwaal ek in die Weense woud Is dit soos in tyd van ouds Grond se geur, pikant en mals Daaruit groei die Weense wals Ritseling van blare Takke hou nog hande vas Ek streel oor 'n boom se bas Ek voel een met die dae wat was Ou Maestro van die Blou Donau Ons sal u in herin'ring hou Met Wenestad se walsrefrein Vonk'lende oë, vonkelwyn Splinters van lig, op kant, satyn Liefdesvlam groei waar Donau vloei Liefde broos, liefde fyn Al wat bly is walsrefrein
Writer(s): Babs Pretorius, Johann Strauss Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out