album cover
Lyf
album cover
Lyf was released on January 1, 2003 by Mva Productions as a part of the album Die Tyd Sal Leer
January 1, 2003
LabelMva Productions
BPM60
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy

Lyrics

[Verse 1]
Dis net jou lyf
Wat verby my dwaal
Want jy is lank nie meer hier nie
Jy straf my met jou stilte
Jou oë kyk my mis
Dis net jou lyf
Wat hier langs my lê
Net jou skadus wat leef teen die mure
Ons bid nie meer vir genade, ons gebede het verroes
[Chorus]
Maar as ek kon kies
Sou ek die son se sak wou stop
En die tyd laat struikel
Oor sy strale rond en bont
Maar as ek kon kies
Sou ek die maan se krimp wou keer
En die donker verbied
Om hom stuk stuk in te sluk
[Verse 2]
Dis net jou lyf
Met jou rug gedraai
Op my en my bakhand beloftes
Jou voetstap verdrink in jou wegstap
En die ys in die vuur kwyn weg
Dis net jou lyf wat my taal verstaan
As my woorde kon kniel vir vergifnis
Ons deel in 'n swye van drome
Wat leer leef as jy aan my raak
[Chorus]
Maar as ek kon kies
Sou ek die son se sak wou stop
En die tyd laat struikel
Oor sy strale rond en bont
Maar as ek kon kies
Sou ek die maan se krimp wou keer
En die donker verbied
Om hom stuk stuk in te sluk
[Verse 3]
Dis net jou lyf
Wat die koue keer
En die ruim en die rede vergewe
Ons verdwaal op talle los paaie
En leer om te kan vergeet
Vergeet
Vergeet
Vergeet
Written by: Annecke Rhedelinghuys
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...