Lyrics

Die Oudstryders sê daar's 'n raat vir elke kwaal Vir litdorings, vuilsiek en wurms uithaal Vir asma en spuitpoep en die pyn in jou nek Om vlooie en luise op jou pubis te laat vrek Gee 'n raat vir die pyne Gee raat asseblief ou toppie 'N Raat vir die kriewelrige Hypothalamus in my brein Gee 'n raat vir my vrou se bek Die skuldinvorderaar hier voor my hek Gee 'n raat vir my dobbelkoors My onvermoë, my moedverloor Die Oudstryders sê daar's 'n raat vir elke kwaal Ja, elke ou pruim het sy eie verhaal 'Hoe om te sorg dat jou hare blink' 'Wat om te doen as jou voete stink' Gee 'n raat asseblief ou toppie vir my rokery My skelm gevry Gee 'n raat vir die polsende, stomende Jukkende selfverwyt Gee 'n raat ou man vir my lewensplan Die prys van sneeu, die nuwe eeu Gee 'n raat vir die wriemelende Amiglaeda in my brein Gee 'n raat vir my vrou se bek Die skuldinvorderaar voor my hek Gee 'n raat vir my dobbelkoors My onvermoë, my moedverloor Gee 'n raat vir die pyne Gee 'n raat asseblief ou toppie 'N Raat vir die kriewelrige Hypothalamus in my brein Sê my Gelowige Grysaards wat staan jou te doen As 'n huilende vrou jou nagtelik kom soen? Wanneer skaduwee kindertjies in jou kamer kom speel En in kindertuinrympies hul lekkers met jou deel? Vertel my Verkalkte Kwak wat moet ons drink Om die silhoeëte te kuur wat aan die voetenent wink? Het jy 'n resep of 'n blaartjie te kou Wat die dooie gesigte uit my drome sal hou? Gee raat! Die Ou Swepe sê "Daar's 'n raat vir elke kwaal" Maar watse pil kou jy As die Donker jou kom haal?
Writer(s): Jaidev Kumar, Babbu Maan Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out