album cover
Spinnerakke
532
Folk
Spinnerakke was released on October 4, 2016 by 631780 Records DK as a part of the album Wonderwoorde
album cover
Release DateOctober 4, 2016
Label631780 Records DK
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy
BPM

Credits

PERFORMING ARTISTS
Die Melktert Komissie
Die Melktert Komissie
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Die Melktert Kommissie
Die Melktert Kommissie
Songwriter

Lyrics

[Verse 1]
Spinnerakke teen my muur
En aan my siel
Die son het lankal verdwyn
Sprnnerakke om my glas
Spinnerakke hou my vas
Die kokkerotte drink my wyn
Tussen skadu's
Dink ek weer aan jou
En dans saam met die vlamme
Wat die spinnekoppe weghou
Tussen skadu's wat saamsing
Teen my muur
Soek ek na jou silhoeët
Tussen spinnerakke in elke uur
[Chorus]
En aan staal snare
Veduidelik ek my hart
En aan staal snare
Knoop ek jou styf vas
Maar hoekom kuier jy
Net in my storieboeke
Jy dwaal in my gedagtes
Diep in my droom
Hoekom probeer ek
Jou karakter uithaal?
En vlees en bloed met elke soen
In jou hart inblaas
Jy laat my wonder
Jy laat my treur
Gisteraand het jy jou lippe aan my siel afgevee
Jy bly onskuldig
Ek bly lief vir jou
Dis onregverdig
Dalk hou ek net te veel van jou
[Chorus]
En aan staal snare
Veduidelik ek my hart
En aan staal snare
Knoop ek jou styf vas
Maar hoekom kuier jy
Net in my storieboeke?
Jy dwaal in my gedagtes
Diep in my droom
Hoekom probeer ek
Jou karakter uithaal?
En vlees en bloed met elke soen
In jou hart inblaas
Jy laat my wonder
Jy laat my treur
Gisteraand het jy jou lippe aan my siel afgevee
Jy bly onskuldig
Ek bly lief vir jou
Dis onregverdig
Dalk hou ek net te veel van jou
[Verse 2]
Spinnerakke teen my muur
En aan my siel
Die son het lankal verdwyn
Sprnnerakke om my glas
Spinnerakke hou my vas
Jy drink stillitjies weer van my wyn
Van my wyn
Written by: Die Melktert Kommissie
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...