album cover
Skepe
On Tour
album cover
Skepe was released on July 26, 2018 by Karen Zoid Productions as a part of the album Republiek van Zoid Afrika, Vol. 5
July 26, 2018
LabelKaren Zoid Productions
BPM104
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy

Lyrics

'n Skip word in 'n hawe gebou
'n Skip lyk in 'n hawe baie mooi vir my en jou
Maar dis nie waarvoor skepe gemaak word nie
Die storms en die winde sal waai
Hy's jou seile hoog want een of ander tyd moet die tyding draai
Laat die kompas van jou siel weer jou hart bepaal
Kry jou maste reg
Haal die anker uit
In die rigting van die suiderkruis
Ons is gemaak om uit te gaan
Op die golwe van die diepste oseaan
Ons vind ons rigting in die sterre en die helder maan
Ons is gemaak in hoop se naam
Ons is gemaak om uit te gaan
Die lewe sal jou gooi en jou rondruk
Soms voel dit of jy sink, maar jy moet net jou voete soos Petrus vind
En dalk net weer glo soos 'n kind
Hou net koers, want soms kom die twyfel
Dit gaan meer oor hoe jy opstaan en minder oor hoe jy struikel
Moenie vrees as die waters rof raak nie
Tel jou skouers op
Voel jou hart weer klop
Ons is gemaak om uit te gaan
Op die golwe van die diepste oseaan
Ons vind ons rigting in die sterre en die helder maan
Ons is gemaak in hoop se naam
Ons is gemaak om uit te gaan
Stuur jou skip nou deur die poorte
Ons hoop is meer as net leë woorde
Jy's in beheer van jou bestemming
Hoe jy daar uitkom is jou eie besluit
Stuur jou skip nou deur die poorte
Ons hoop is meer as net leë woorde
Jy's in beheer van jou bestemming
Hoe jy daar uitkom is jou eie besluit
Ons is gemaak om uit te gaan
Op die golwe van die diepste oseaan
Ons vind ons rigting in die sterre en die helder maan
Ons is gemaak in hoop se naam
Ons is gemaak om uit te gaan
Written by: Iengelbrecht, J Voster, Inhoud Huis

Loading...