Lyrics

Pak op, pak op, sit jou goedjies op jou kop More gaan ons weg, ver van hier weg Skipskop, Skipskop, wanneer hou die dinge op? Swaarkry lê net voor, die Blouberge oor Hoverberg se mens, is ek gebore Op die plek Skipskop, nes my pa en sy pa ook Hier deur die duine, loop onse spore Hier op die beach, hier langs die see Is ek gedoop Maar wat ken ek anders, as die blou dam se branders En die wolke, en die winde wat hier waai Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies En sê maar so long Skipskop, Skipskop sê goodbye Die linker hand, of die regter hand Watse kant lê die plek, misverstand Asseblief meneer, ag, sê tog weer Is dit die pad wat ons moet more vat 'N Stukkie lê hier, en 'n stukkie lê daar Stukkies van my lewe, hulle lê baie deurmekaar Tel op vir Shorty, en tel op vir Pop Gaan haal vir Apie, en hou daai kindjie dop Maar wat ken ek anders, as die blou dam se branders Die wolke, en die winde wat hier waai Pak op jou goedjies, en verkoop jou bootjie En sê maar so long Skipskop, Skipskop sê goodbye Maar wat ken ek anders, as die blou dam se branders Die wolke, en die winde wat hier waai Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies En sê maar Skipskop, so long, Skipskop sê goodbye So long Skipskop, Skipskop sê goodbye
Writer(s): David Kramer Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out