Lyrics

En jy was beautiful in Beaufort-Wes En ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou En jy het op grafte en op treine En op Ford Fairlane se agterseats gevry En nou is jy en jou man both computer analysts En laas winter you tried to clip above your wrists En nou kan jy nie meer slaap nie, Nie meer lag nie, Nie meer iets vir jouself doen nie, Nooit ooit weer vir my soen nie En mooi mooi mooi was jou woorde ook Terwyl jy menthol sigarette rook En daai sweet sweet dinge vir my se Terwyl jy sweet sweet in my arms le En die presiese woorde het ek presies vergeet Ek onthou net die rook en die sweet in Beaufort-Wes En jou kaal liggaam onder 'n cool summer cotton dress Nie meer slaap nie, nie meer lag nie Nie meer iets vir mekaar doen nie Nooit ooit weer vir mekaar soen nie En dis miskien soos 'n storie uit die Huisgenoot, Maar jy't een aand skielik vir my weggestoot En in die rear view mirror jou gesig gekyk En gese 'miskien moet ek gelukkiger lyk' Daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie En het gevoel hoe my hart losruk uit my ly En soos 'n roeiboot in die rivier afdryf Ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie, Nie meer iets ooit reg doen nie, Nooit ooit weer vir jou soen nie En die laaste herinnering waaroor ek sing Is die nag toe ek en jy die melktrein aan en aan in die nag in ry Tot anderkant die ding dong gong Van die breakfast waiter in die gang verby En dit was my wake-up call my lief Jy't gese wees asseblief lief vir my Maar ek het gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon En ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie, Nie meer so iets doen nie, Nooit ooit weer vir jou soen nie
Writer(s): Gert Vlok Nel Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out