Lyrics

Ou mans sit by die straatkafees, En kyk al die mense loop heen-en-weer Die boemelaars raas by die Wimpy Bar, En Fontana is oop tot laat in die aand Kaalvoet kinders in die straat Wys parkeerplek aan En hou dan die hand, en hou dan die hand, En hou oop die hand. Ooo En gee, gee, gee. Gee, gee, gee Jou sente, jou drome, jou klere vol gate, Gee jou hart vir Hillbrow Gee jou hart vir Hillbrow Uit Quartz Straat hoor ek n meisie my roep, Daar's 'n Hare Krishna wat vra wat ek soek En ken ek vir Jesus?, vra n man op die stoep, Tussen Hillbrow Records en Estoril Books En dis lank na twaalfuur, En die Hillbrow toring stuur Sy seine in die nag, sy seine in die nag, Sy sein vir die junkies wat wag. Ooo En gee, gee, gee. Gee, gee, gee Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate, Gee jou hart vir Hillbrow, Ja, gee jou hart vir Hillbrow. En die ligte gaan aan in die Chelsea Hotel, En stemme en musiek klink in elke woonstel. Ons sit in die son en drink wyn, Ons survive met 'n helse lot pyn in hierdie land, ja Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef, Op die een wat kry wat hy vra, ja En gee, gee, gee. Gee, gee, gee Jou sente jou drome, jou toekoms vol gate, Gee jou hart vir Hillbrow Ja, gee jou hart vir Hillbrow, Komaan, gee jou hart vir Hillbrow
Writer(s): Johannes Kerkorrel Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out