Music Video

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Gert Vlok Nel
Gert Vlok Nel
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Gert Vlok Nel
Gert Vlok Nel
Songwriter

Lyrics

Gert bo die grond roep na Koos onder die grond Kom in, Koos, kom in, kom in. Waarom ek roep na jou vanaand Dis 'n donker aand diep in Julie maand En dit reen heel nag oor die Vodacom torings En die Telkom lyne tussen hier en jou graf In die woord Transvaal En ek het jou mooiste plaat van die hi fi lat val. Koos die lyn is dood tussen my hart En jou mond se mooiste woorde En tussen jou woorde en die oorde Waar die ver winde waai En waarheen is die skepe in die baai Hulle woorde het verander in palm van ons hand En nou woon ons in 'n vreemde land So sail slowly slowly All ye ships of the night Van Malta na Mumbai Om Koos by sy laaste woord aftelaai. Good bye Koos, good bye, good bye. Koos wie raai ek is besig om goodbye te sê Vir altyd en vir al vir forever Vir die tent tussen sterre en saffiere Is so blou sous beaufort se lug En die stug poems oor jou laaste los papiere Jy was lank my swarste troebedoer Jy't die troebe water van my troebe herf geroer Maar eintlik weet ek my hart is te nog koue Water Omo skoon vir die here en Tintin om in te woon En ek kon nog sing in die maand van maart En ek kon nog hoor diep treine hoor shunt Onder in die spoorweg yard En soggens voor skool as ek puisies uitdruk In die speel om tien voor sewe kon ek nog In my oe my siel sien en my hele lewe En die Gamka rivier het deur geswoesh na die see En snags het die 13 op en die sewe af treine Deur geswiesh na die kaap en 'N somer's nag het ek ontslaap So veel so dat ek geskrik het toe ek sien In die yard is dit 'n middag in Maart Maar die lugte was al aan in die straat. Shantih, Koos, shantih shantih. Koos na jou was ook ander Koose wat beautiful kon huil in Afrikaans Daar was die slimste koos met 'n handvol sprokies Grim en gay en hy het gesê kyk ek skryf met my lyf My naam is Koos en ek is 'n siek roos Maar hy't swaar gesterf soos 'n sonneblom En sonneblomme kom aaklig om En om vir Koos deur die nag trein Die mooiste koos al oos al af met die rivier So black soos label deur die nag so swart soos Bybel tot in die magnificent woord van die môre En ook my vriend koos van beautiful west En altyd hy met tuxedo spring op die middernag trein Op 'n impulse van winter, midnight street light, Small-town rain amongst other things Lê vanaand begrawe op Springs Koos wys hulle, asseblief, vir hulle Tente moet pitch in die melkweg in daai pitch dark Good night, Koos, goodnight good night Jy daareen teen was bullshit-loos, Koos Illusie-loos, hawe-loos, droomloos, tydloos, Groepie-loos, draadloos en heeltemal hopeloos. Jou lietjies was so hartverskreurend skoon Te skoon te skoon om in te woon Hulle behoord nie in afrika of nie êrens nie Jou lietjies belong eintlik nêrens nie Deur die trein-venster sien ek die middernag son Of was dit 'n brokkie son op Germiston peron. Ek het verslaap op die trein en ek het die nag verby My tuisdorp gery en die huis waarin ek my Hart sou kon uitstort The old hometown look the same As you step down from the train En daar's jou ma en jou pa en Mary down the lane Maar as jy jou hand uitsteek begin hulle te verdwyn Met die jare het alles gerafeld, Koos, As jou ma se ou greinhoud tafel En daar is 'n liedtjie van die ou wat se woorde Ek nou nooit meer kan onthou nie. En ek weet nie of jy ooit 'n tintin boek gelees het nie, Koos Maar Tintin in Tibet* is die enigste boek waar Tintin ooit gehuil het Goodbye Champ, Good Bye goodbye. Dit was 11 uur die naand op die laat aand nuus gelees deur Blomerus Niewoudt gewees Ek he so pas by die huis gekom Toe sê my ma vir my dat jy soos jou vriend Herman destyds Op die 45th cutting afrit into Durban in 'n Volkswagen Beetle Gesterf het dat jy die nag wil ry na jou vriend Nick toe Om iets stupids te gaan sê al het hulle vir god's sake al gelê Dat jy sober en helder was dat dit hoog somer was En dat die nag so mooi, so mooi Dat niks kon jou nie meer roer of raak nie Nie saffier, smarag of agaat nie En ook nie jou woorde se saffier, smarag or agaat nie Dat dit die tipe nag was waar treine en woorde mooi saamry om te sterf Dat dit die perfekte nag uit tien duisend was, Koos Om goodbye te sê vir alles en dat jy het toe alreeds alles nagelaat Al was dit min aan Irma, Karien, Karla en Mornay en my En Koos, gun ons jou fans jou laaste sad steps te retrace En jou verlaas te groet Vaarwel, Koos, Vaarwel, vaarwel Want ons is Graceland-loos, Koos Geen Memphis, Tennesse vir ons nie Waar dit die God van lewe en dood behaag Om jou in die nag op die no-doubt bestemde uur Te laat ry op 'n laag water brug en die volksie In slow motion begin to gly in die tamboekkie gras en al daai Long, lonely plekke waar jy altyd was tot teen 'n boom En jy half-lyf deur die windscreen tot op die bonnet teen die Boom het jy half gedroom en half gely en no doubt halwe dinge bely Jou oe het gesien êrens dit en êrens dat En miskien Herman wat inkom in die baai Op die dek van die Carion all sails en hy hyl jou, Hy vraai, hy lag en waai hy roep jou "Ek het jou kom oplaai, Koos, all around the world From Malta to Mumbai." En toe het jy die woord Mumbai omgedraai En iets vir ons gesê wat ons nie kon vang nie Weens die afwesigheid van wind maar dit was iets soos "Wind, vind, bind, kind," en toe het jy die more sien breek, Koud en woordeloos, Koos, en jy was bly En skielik was jy vry Min of meer hierdie dinge het ek rekonstrueer Op night-shift duty as muslukte poging tot laaste eer Good Bye Koos, Good bye, Good bye Good bye, Koos, Good bye. Good Bye Koos, Good bye, Good bye Koos jy't gesing oor vroue, die see en die myne En ek sing oor vroue, die see en treine En ek onthou die nag toe ek hoor jy is dood In die Januarie '84 die land was vol angs Maar die nag was pragtig op Beaufort Wes Dit was 11 uur die aand op die laat aand nuus Gelees Deur Blomerus Niewoudt gewees En ek het pas by die huis gekom En sê my ma vir my, Gert, en al die treine het gaan staan. * Tintin in Tibet is not where Tintin cries. I know this because I lost a $1 000 000 bet to my friend Michael.
Writer(s): Gert Vlok Nel Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out