Lyrics

Onthou jy nog die blou kafee By Mosselbaai se strand Waar 'n mens die wye see Kon vashou in jou hand Smiddae het ons ver gaan stap En op die wye strand Ons name in die sand geskryf As talisman en pand En saans was daar 'n ou klavier (Ant Gerty het gespeel) En ons kon dans en ons kon sing En ons kon ons verbeel En ons kon ons verbeel my ding En doen net wat ons wou Mooi wense wens en drome droom En lugkastele bou Haai haai die witborskraai Hiervandaan na watter baai Het watter wind om watter draai Ons kaalvoetspore weggewaai Die geel klavier was vals my ding Maar dit was nie te sê nie Ons het heelnag deur gewals my ding Ge-two-step en gewals Al verder van die blou kafee Af weg tot langs die donker see Al verder weg al verder weg Al verder weg mmm... Die blou kafee was als my ding Al was die wysies vals Jou mond was teen my hals my ding Die lewe was 'n wals Wat het geword van daardie twee Die geel klavier die blou kafee Van jou en my van my en jou En Mosselbaai se silwer see Haai haai die witborskraai Hiervandaan na watter baai Het watter wind om watter draai Ons kaalvoetspore weggewaai Ek weet net soms as ek verlang Na niks in die besonder Onthou ek weer vir jou en my En kan ek maar net wonder Ant Gerty is glo hemel toe Die geel klavier verkoop Die tafels en die stoele weg En die blou kafee gesloop Haai haai die witborskraai Hiervandaan na watter baai Het watter wind om watter draai Ons kaalvoetspore weggewaai
Writer(s): Chris Barnard, Christopher Torr Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out