Lyrics

Kom sit styf hier teen my Jou kop agteroor Hoor jy hoe sag val die reën Die dag is verby Nog 'n week nog 'n maand Waar loop die tyd met ons heen? Onthou jy hoe ver moes ons skool toe stap? En sou jy my fliek toe vra Dan moes ons jou tjor aan die brand kry, ek en jy Ja, dit was die goeie ou dae My held was Elvis, my Elvis My "Heartbreak Hotel" Toe jy nog vir my met 'N Tiekie kon bel Kom ons klink 'n rooi glasie wyn Op ons skete en pyn En gee ons oor aan die Nostalgie Die kiekies is dof Die album vol stof Kyk ... hier bak ma haar beskuit Daar stamp Stephanus vir Mien in die dam O hoor jy die wind teen die ruit Die kindergesiggies, die sterre se liggies Laat jou van voor af onthou Ou vriende is dood Die kleinspan word groot Kyk net waar staan ons nou Draai weer daai "Ramblin' Rose"-plaat Van Nat "the king" Cole En "Your cheatin' heart En "He'll have to go Kom ons ruil vandag se rumoer vir 'n outydse toer En gee ons oor aan die Nostalgie Onthou jy die saam besluit Liefde had geen perke Saam veg teen die steiltes uit Hier staan ons nou Sterker en sterker oeoeoe Elvis, my Elvis My "Heartbreak Hotel
Writer(s): Don Clarke, Karl Bremer Lyrics powered by www.musixmatch.com
instagramSharePathic_arrow_out