Music Video
Music Video
Credits
PERFORMING ARTISTS
Muller Brandt
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Jattie De Beer
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Jattie De Beer
Producer
Jake Odendaal
Mixing Engineer
Rogan Kelsey
Mastering Engineer
Lyrics
My ankers gelig en seil gespan
Opsoek na 'n nuwe vasteland
En agter my is alles wat ek ken
Gewapen met 'n vasberade hart
My voete gedoop in vreemde sand
En voor my staan die toekoms onbekend
Nou's ek hier
En my hart sê daar's geen omdraai
Van hier af nie
So brand die skepe, die verlede
Daar's 'n nuwe horison
Hou die koers en kies die rigting
Die beloofde land sal kom
Ek het besluit om net vorentoe te kyk
So brand maar die skepe
Vernietig elke laaste uitkomkans
Dis al hoe mens jou droom opreg kan jaag
So ek trek 'n streep deur my plan B
Want as jy ooit wil wen sal jy moet wag
Eers opgee as jy ophou asemhaal
Want vryheid wag net anderkant die vrees so
Brand die skepe, die verlede
Daar's 'n nuwe horison
Hou die koers en kies die rigting
Die beloofde land sal kom
Ek het besluit om net vorentoe te kyk
So brand maar die skepe
Stapel al my vrese op die vuur
Draai my rug en gooi die vuurhoutjie
Vlug is nie vir my 'n opsie nie
Nou's ek hier
En my hart sê daar's geen omdraai
Van hier af nie
So brand die skepe, die verlede
Daar's 'n nuwe horison
Hou die koers en kies die rigting
Die beloofde land sal kom
Ek het besluit om net vorentoe te kyk
So brand maar die skepe
Brand maar die skepe
So brand maar die skepe
Written by: Jattie De Beer