album cover
Ontydig
album cover
Ontydig was released on June 23, 2023 by Augusta Zietsman as a part of the album Breekgoed - EP
June 23, 2023
LabelAugusta Zietsman
BPM87
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy

Lyrics

[Verse 1]
Jy’s ondankbaar en ontydig
Stil tog onstuimig
Genoeg vir nou
[Verse 2]
Dalk sal ek oor jou wonder
Onder Bloekomboom somers
Jou leemte effe berou
[Verse 3]
Weet jou ma waar jy is?
Weet jou pa waar jou kop rus?
Vlug jy steeds saam met die wind?
[Verse 4]
Bang vir ’n sitkamerstel
My skat jou sogenaamde hel
Net nog ‘n kind
[Verse 5]
Ek het lankal ophou droom
Van ons huis in Potchefstroom
Kinders wat lag in die agterplaas
[Verse 6]
Ek het lankal ophou wag
Vir die vreugdevolle dag
As jy jou liefde aan my verklaar
[Verse 7]
Weet jou vriende jy is moeg?
Geskryf aan ’n kamstige boek
Of lieg jy steeds so mooi dis waar?
[Verse 8]
Weet jou ouma haar blomme-kombers
Is gebrand met daai goedkoop kers?
Of lieg jy selfs vir haar?
[Verse 9]
Ooh-ooh, ooh-ooh
Ooh-ooh-ooh, ooh-ooh
[Verse 10]
As jy wil lepellê is ek steeds in die Vrystaat
Hou verby daar
As jy wil lepellê is ek steeds in die Vrystaat
Hou verby daar
As jy wil lepellê is ek steeds in die Vrystaat
Hou verby daar
As jy wil lepellê is ek steeds in die Vrystaat
Hou verby daar
[Verse 11]
In die banke van my kleintyd-kerk
Berou ek jou my grootword-merk
Written by: Augusta Zietsman
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...