Credits
PERFORMING ARTISTS
Christiaan Frederik van der Westhuizen
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Christiaan Frederik van der Westhuizen
Songwriter
Lyrics
REËN OP DWARSKERSBOS
1)
Oor my skouer lê Piketberg swart
Daar's effens 'n beklemming om my hart
Ek het naby Aurora
Vroeg my vosperd opgesaal
My brief is in my saalsak
Saam met oumabrood gepak
Koor:
Jy ou vaal en plat ou see
Kan jy vir my 'n antwoord gee?
Jy ou seemeeu in die lug
Bring jy vir my'n mooi berig
My perd se pote klop
Soos die hoop hier in my bors
En die reën val saggies
Op Dwarskersbos
Miskien o ja miskien
Is daar 'n briefie in die pos
En die reën val saggies
Op Dwarskersbos
Ja die reën val saggies op Dwarskersbos
2)
In die skemer ou kombuis het Ma
My brood gesmeer en onderlangs gevra
Wat daai slim Kaapse nurse tog
Met die sandvelder wil maak
Wat lande ploeg en skaap tel
Ag wat, Ma het haar verbeel
3)
Ek sien helder voor my oë al
Die posboom regop langs die lang strandpad
Die ou possak so stewig
Met sterk toue vasgeknoop
Ek bewe soos ek losmaak,
Lees die name een-een af
Written by: Christiaan Frederik van der Westhuizen