album cover
Ver oor oseane
142
Singer/Songwriter
Ver oor oseane was released on February 20, 2026 by Belvedere Records as a part of the album Onder die sterre
album cover
Release DateFebruary 20, 2026
LabelBelvedere Records
LanguageEnglish
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy
BPM72

Credits

PERFORMING ARTISTS
Stamstemme
Stamstemme
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
L P van Niekerk
L P van Niekerk
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
LP van Niekerk
LP van Niekerk
Producer

Lyrics

Die huis is stil na nege-uur
Die lig brand verniet weer laat
Jou kamer staan nog net soos tevore
Met al jou goed ongeraak
Die land was te klein vir drome
Te min werk, te min hoop
So het jy jou tasse gepak
Met 'n hart vol vrees en oë vol geloof
My kind, jy's ver oor oseane
In 'n land met ander sterre bo jou kop
Ek hoor jou stem oor dun lyne
Oor die internet hou ek jou dop
Ons kinders is oor lande uit versprei
Elke huis met sy eie tyd
Ons leer om lief te wees van vêr af
Ons mense versprei nou wyd
Kersfees kom met leë stoele
En video oproepe in die laatnag
Ons maak kos vir te veel mense
Net om te onthou wie almal weg is vandag
My kinders, jul's ver oor oseane
Jul loop paaie wat ek nooit sal ken
Ek bid vir julle in ander tydzones
Maar 'n ouer se hart bly altyd alleen
My kind, jy's ver oor oseane
In 'n land met ander sterre bo jou kop
Ek hoor jou stem oor dun lyne
Oor die internet hou ek jou dop
Ons kinders is oor lande uit versprei
Maar hul name bly hier geskryf
In foto's, stories en stil gebede
Wat elke aand saam met ons bly
Ons het julle grootgemaak om vry te wees
Nie om vas te hou uit vrees nie
Maar niemand sê vir ouers vooruit
Hoe leeg vryheid soms kan wees nie
My kind, jy's ver oor oseane
In 'n land met ander sterre bo jou kop
Ek hoor jou stem oor dun lyne
Oor die internet hou ek jou dop
Want al is julle oor die wêreld gestrooi
Is julle wortels steeds hier geplant
In die suide land so mooi
Waar ons hart bly wag hierdie kant
Die huis bly stil na nege-uur
Maar my liefde reis elke nag
Verder as grense, verder as die see
Tot waar jy ook al vanaand slaap
Ver oor oseane
Ver oor oseane
Written by: L P van Niekerk
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...