Music Video

Music Video

Credits

COMPOSITION & LYRICS
Chris Chameleon
Chris Chameleon
Songwriter
Ingrid Jonker
Ingrid Jonker
Songwriter

Lyrics

[Verse 1]
As jy slaap en die verdriete en selfs ons bitter liefde agterlaat
Is jy maar weer 'n argelose kind
Met drome wind'rig oor jou mooi gelaat
[Verse 2]
Moenie slaap nie, kyk
Agter die gordyne begin die dag dans
Met 'n pou veer in sy hoed
[Verse 3]
Ag, as die teer nag is jou arms lê
En sterlig oor jou hare skyn
Is jy maar weer 'n dogtertjie weggedwaal
Van huis en ouers en hul soete samesyn
[Verse 4]
Moenie slaap nie, kyk
Agter die gordyne begin die dag dans
Met 'n pou veer in sy hoed
[Verse 5]
Ag, in jou slaap wil ek jou neem
En aan my bors hou tot die môre wyn
Oor al die heuwels breek - wil ek jou neem en terugbring van jou eensaamheid
[Verse 6]
Moenie slaap nie, kyk
Agter die gordyne begin die dag dans
Met 'n pou veer in sy hoed
[Verse 7]
Ooh-ooh moenie slaap nie, kyk
Agter die gordyne begin die dag dans
Met 'n pou veer in sy hoed
Met 'n pou veer in sy hoed
Met 'n pou veer in sy hoed
Written by: Chris Chameleon, Ingrid Jonker, Johannes Christian Mulder
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...