album cover
Charlene
15
Afrikaans
Charlene was released on July 31, 2026 by Vonk Musiek as a part of the album Charlene - Single
album cover
Release DateJuly 31, 2026
LabelVonk Musiek
Melodicness
Acousticness
Valence
Danceability
Energy
BPM115

Credits

PERFORMING ARTISTS
John Rock Prophet
John Rock Prophet
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Ruan Greeff
Ruan Greeff
Songwriter
Cornelius Christiaan Kritzinger
Cornelius Christiaan Kritzinger
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Ruan Greeff
Ruan Greeff
Producer

Lyrics

[Verse 1]
Jou naam verdeel my
Tussen wie ek was en nou
Ek praat soms sag oor jou
Maar dis hard in my kop
Jou van begeef my
Ek was seker jy sou myne vat
Ons het nog so gepraat
In julle flat in Diaz straat
[Verse 2]
Jy was die rede
Ek die rigting
Saam was daar vir ons net nou
Ek soek weer in die rommel
'n Lewe opgefrommel
In briewe opgesom deur jou
[Chorus]
Hou my, Charlene
Wanneer was dit wat ons twee gepraat het?
Wat jy my gevrae het
Of ek sal bly?
Oh, en hou my, Charlene
Ons was in die middel van 'n oomblik
En in die middel van 'n oogwink
Is daai oomblik verby
[Verse 3]
Ons was die rede in lied en lede
En saam in die reën gevorm
Twee wolwe teen die storm
[Verse 4]
Gesinne sit saam op plastiek stoele
Voetstappe op plastiek vloere
Harte met draade teen mure vas
Dokters praat agter 'n muur van glas
Charlene daai dag rus nog by my
Toe ek vir jou daar kry
[Chorus]
Hou my, Charlene
Wanneer was dit wat ons twee gepraat het?
Wat jy my gevrae het
Of ek sal bly?
Oh, en hou my, Charlene
Jy was 'n lig in die donker
Rede teen die somber
Wat soms kleef aan my
[Bridge]
Jy was die rede
Ek die rigting
Saam was daar vir ons net nou
Ek soek weer in die rommel
'n Lewe opgefrommel
In briewe opgesom deur jou
[Chorus]
Hou my, Charlene
Wanneer was dit wat ons twee gepraat het?
Wat jy my gevrae het
Of ek sal bly?
Oh, en hou my, Charlene
Jy was 'n lig in die donker
Rede teen die somber
Wat soms kleef aan my
Written by: Cornelius Christiaan Kritzinger, Ruan Greeff
instagramSharePathic_arrow_out􀆄 copy􀐅􀋲

Loading...