歌词
In die oggend drink ons koffie
Saam met Ouma se beskuit
En my pa't my geleer
Hoe om 'n trekker te ry
Somtyds was daar trane
En somtyds geluk
In die oë van my ma
Het ek my drome sien blink
Op 'n ou plaaspad
Met my hand in jou hand
Dink ek terug aan al die dinge
Wat 'n man van my maak
En ek leer nog uit my voute
Maar ek's trots op wie ek is
Partykeer voel dit vir my
Of ek nogsteeds, of ek nogsteeds net dertien is
In die middag loop ons huis toe
Saam met beeste oor die rand
Van daar af vat ons kortpad
Deur Oom Kees se koringland
Wanneer ek nou terug kyk
Besef ek maar net weer
Dat die seerkry van die lewe
Ons die mooiste lesse leer
Op 'n ou plaaspad
Met my hand in jou hand
Dink ek terug aan al die dinge
Wat 'n man van my maak
En ek leer nog uit my voute
Maar ek's trots op wie ek is
Partykeer voel dit vir my
Of ek nogsteeds, of ek nogsteeds net dertien is
Ek onthou hoe ons op Sondae
In die ou plaas dam kon swem
Ek onthou hoe Sonja Greyling
Met 'n glimlag my hart wen
Ek onthou die koudste winter
Voor die kaggelvuur
My pa was nog jonk
En ek was vier
Op 'n ou plaaspad
Met my hand in jou hand
Dink ek terug aan al die dinge
Wat 'n man van my maak
En ek leer nog uit my voute
Maar ek's trots op wie ek is
Partykeer voel dit vir my
Of ek nogsteeds, of ek nogsteeds net dertien is
Partykeer voel dit vir my
Of ek nogsteeds, of ek nogsteeds net dertien is
Written by: G Steyn