制作

出演艺人
Robbie Wessels
Robbie Wessels
表演者
作曲和作词
Robbie Wessels
Robbie Wessels
词曲作者

歌词

[Verse 1]
Ek skryf uit ʼn leë tenk, 'n liedjie vir jou
Jy't my kom optel en gevat net vir jou
Ek het gespartel, geskop en geskree
Jy het jou hart vir my net so gegee
[Verse 2]
Ek het belowe ek sal jou nie drop
Jy't my vergewe en toe tel jy my op
Ek het verdwaal op pad na my huis
Jy het my weer die pad aan gewys
[Verse 3]
Jy is my liefling
Jy is die vrou
Jy maak my rustig
Jou wil ek trou
[Verse 4]
Jou hart is rein
Jou intensies opreg
Ek het jou lief en
Ek wil vir jou veg
[Verse 5]
Die waarheid vat lank soms om in te kom sink
Die grond vat soms lank om die water te drink
Dit moet eers gespit word en mooi gebewerk
Voor liefde sy wortels daarin kan versterk
[Verse 6]
Die liefde die groei nie in vlak grond of pad
In oorde vol onkruid en lande wat brand
Die liefde die wag vir die vroeë somer reën
Om die vrugbare lande met stikstof te seën
[Verse 7]
Jy is my liefling
Jy is die vrou
Jy maak my rustig
Jou wil ek trou
[Verse 8]
Jou hart is rein
Jou intensies opreg
Ek het jou lief en
Ek wil vir jou veg
[Verse 9]
So droom ek en skryf ek ut my leë tenk vir jou
My hart soek al lank al na die een wat hy van hou
Ek soek jou ek bel jou ek maak jou eintlik mal
En ek hou jou soms vas en ek gooi om jou wal
[Verse 10]
Ek is dalk oorbeskermend, ek leer nog die taal
Van die liefde en die lewe so weerloos en kaal
Maar jy is soos ʼn lente bries wat vloei deur my huis
Jy is die een wat wy hart vir my wys
[Verse 11]
Jy is my liefling
Jy is die vrou
Jy maak my rustig
Jou wil ek trou
[Verse 12]
Jou hart is rein
Jou intensies opreg
Ek het jou lief en
Ek wil vir jou veg
[Verse 13]
En al gaan jy dalk weg
Ek sal aanhou veg
En al daag jy weer op
Ek sal nie weer stop
[Verse 14]
Want die water die vloei weer
Die sluise is oop
Die liefde die groei weer
Die ou is verkoop
[Verse 15]
Jy is my liefling
Jy is die vrou
Jy maak my rustig
Jou wil ek trou
[Verse 16]
Jou hart is rein
Jou intensies opreg
Ek het jou lief en
Ek wil vir jou veg
Written by: Robbie Wessels
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...