歌词
Dans was nooit my sterkpunt nie
Ek sit maar eenkant en drink op die beat
Slow song, rave song, speel wat jy wil
Ritme en my voete wil nie lekker saamjol
Ek vra toe 'n girl met 'n mooi rokkie
Sal jy omgee om my te leer sokkie
Sy sê hou vas, wag vir die groove
En wys vir my 'n paar van haar moves
Hand ommie lyf
Swaai haar in die rondte
Almal jaloers
Want ek dans met die mooiste
Girl van die aand
Kyk haar in die oë terwyl ons dans
My voete is warm en sy sê wow
Ek pas nou in by die res van die crowd
Slow song, rave song, jy kan maar speel
Die dansvloer lok my so gooi maar die meel
Ek vra weer die girl met die mooi rokkie
Sal jy omgee om weer met my te sokkie
Sy sê hou vas, wag vir die groove
Kom ek wys jou nog 'n move
Hand ommie lyf
Swaai haar in die rondte
Almal jaloers
Want ek dans met die mooiste
Girl van die aand
Kyk haar in die oë terwyl ons dans
Asem uit
Drink 'n glasie wyn
Ek sou nooit kon dink
Dat iets soos dans ons bymekaar sou bring
Ek vra toe die girl met die mooi rokkie
Sal jy my vat as jou oukie
Met 'n soen op die wang vat sy my hand
En dans met my vir die res van die aand
Hand ommie lyf
Swaai haar in die rondte
Almal jaloers
Want ek dans met die mooiste
Girl van die aand
Kyk haar in die oë terwyl ons dans
Skoffel tot die moegheid ons inhaal
Written by: Hugh Lynn


