制作
作曲和作词
Eugene Nel
词曲作者
歌词
Te veel negatiwiteit in die wêreld
Als opdraende, sukkel om te loop
Kan vereenselwig, maar ek het ontsnap
So hier's die storie van my nag wat verander het in dag
Ek het geleer om in die spieel te kyk
Diep in my oë waar my siel wegkruip
Hy't my gewys die gras is groen
Aan die ander kant - net een ding wat jy moet doen
As jy lag, lag, staan geluk aan jou sy
Dit sal jou deur die skaduwee lei
As jy lag, lag, skyn jy 'n lig
En daai lig word jou hartsgedig
Ek het gesleep - Hande het gebloei
Elke snaar in my hart het geskroei
My wonde was verslaaf aan sout
Was ingetrek met niks om aan vas te hou
Het toe geleer om in die spieël te kyk
Diep in my oe waar my siel wegkruip
Hy't my gewys die gras is groen
Aan die ander kant - net een ding wat jy moet doen
As jy lag, lag, staan geluk aan jou sy
Dit sal jou deur die skaduwee lei
As jy lag, lag, skyn jy 'n lig
En daai lig word jou hartsgedig
Whoo Whoo Whoo
Haal jou hart uit die donker rat
Ry dan met jou ligte aan
Whoo Whoo Whoo
As jy ry waai koebaai vir jou pyn
Jy's die lig wat in jou donker skyn
Wees daai lig wat in jou donker skyn
Het in die spieël gekyk
Daar waar my siel wegkruip
Die gras is groen aan my kant
Omdat ek lag - doen dit nou elke dag
As jy lag, lag, staan geluk aan jou sy
Dit sal jou deur die skaduwee lei
As jy lag, lag, skyn jy 'n lig
En daai lig word jou hartsgedig
Whoo Whoo Whoo
Haal jou hart uit die donker rat
Ry dan met jou ligte aan
Whoo Whoo Whoo
As jy ry waai koebaai vir jou pyn
Jy's die lig wat in jou donker skyn
Wees daai lig wat in jou donker skyn
Wees daai lig wat in jou donker skyn
Written by: Eugene Nel

