音乐视频
音乐视频
制作
出演艺人
Karlien Van Jaarsveld
领唱
Juan (Floors) Oosthuizen
电吉他
Murray Lubbe
伴唱
作曲和作词
Karlien Van Jaarsveld
词曲作者
制作和工程
Murray Lubbe
制作人
Paulo Azevedo
制作人
歌词
[Verse 1]
Ek sit hier in die Boland
Ek sit en dink aan jou
Ek sien hoe hierdie berge
Hoe die berge onthou
[Verse 2]
Ek vertrou nie meer op woorde nie
Ek luister na die wind
Ek dans nie meer vir mense nie
Maar op die ritme van ‘n kind
[Chorus]
Katrientjie Katryn
Jou wêreld het in kleure verskyn
Jy dans kaalvoet by die afgrond verby
Ek onthou jou nog jou hande so klein
So klein
Katrientjie Katryn
Jy vleg met al jou woorde so fyn
Al die detail van die groot en die klein
Sien jy Katrientjie Katryn?
[Verse 3]
As kind het jy geloftes
Aan hierdie berge afgelê
Jou naam wat in Sy boesem was
Het in die sterre gaan lê
[Verse 4]
Die wyn wat eens net water was
Les nou meer as net ‘n dors
Dis ‘n stroom van wie en wat ons was
En van wat het ons geword
[Chorus]
Katrientjie Katryn
Jou wêreld het in kleure verskyn
Jy dans kaalvoet by die afgrond verby
Ek onthou jou nog jou hande so klein
So klein
Katrientjie Katryn
Jy vleg met al jou woorde so fyn
Al die detail van die groot en die klein
Sien jy Katrientjie Katryn?
[Bridge]
Ek onthou nog altyd ‘n droom oor jou en my
Dit wat die droogtes laat verdwyn
[Chorus]
Katrientjie Katryn
Jou wêreld het in kleure verskyn
Jy dans kaalvoet by die afgrond verby
Ek onthou jou nog jou hande so klein
So klein
Katrientjie Katryn
Jy vleg met al jou woorde so fyn
Al die detail van die groot en die klein
Sien jy Katrientjie Katryn?
[Outro]
Sien jy Katrientjie Katryn?
Written by: Karlien Van Jaarsveld

