音乐视频

音乐视频

制作

出演艺人
Coenie de Villiers
Coenie de Villiers
领唱
作曲和作词
Coenie de Villiers
Coenie de Villiers
词曲作者
制作和工程
Paddy Lee-Thorp
Paddy Lee-Thorp
制作人

歌词

Vir jou wil ek 'n huis hê
'n huis met 'n leiklipvloer;
'n witgekalkte skoorsteen
wat deur die rietdak loer;
'n okkerneuthout-onderdeur
wat kreun aan die skarnier
'n donskombers om in te beur,
'n kaggel en 'n vuur
(koor)
Die dae is droef soos druiwe
jou naam is soet soos mos
Die herfs is in die wingerd
die son in elke tros;
Die winters hier is wondbaar
as die jaar se hitte kwyn,
die seisoen word oud en waardig;
wat mos was, word nou wyn
Vir jou wil ek 'n bos hê
waar jy dennenaalde ruik;
reën wat oor die berg kom,
wat timmer teen die luik
en by die hek 'n bloekom
met sy takke in die wind;
hier in die koper-ledekant
jou warm bruinoog-kind
(koor)
Al maak ek hierdie versie
eenvoudig, lief, soos nou;
die wens bly tog maar net 'n wens -
die werklikheid verbrou
(koor)
Written by: Coenie de Villiers
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...