歌词
Ons loop die pad net ek en jy
Die eerste asem net ons twee saam
Ons loop die pad, grof of glad
Deur pyn en smart, ek en jy teen die wêreld
Al die keuses wat ons maak is nooit al te maklik
Die toekoms onvoorspelbaar en so onafhanklik
Maar ek weet jy bly, ek weet bly getrou
By jou voel ek veilig in jou arms toe gevou
Vat die pad na vorentoe
Net ek en jy alleen
Want as jy val is ek altyd daar
Vat die pad na vorentoe
Gryp net my hand
Jy is my beter helfte
Ek kan nie sonder jou
'n Engel gestuur, 'n engel gestuur aan my
Om te loop aan my sy
My te beskerm en seker te maak ek is oukei
Niks is ooit te veel
Om met jou te kan deel
Ek kan altyd met jou praat
Jy gee altyd beste raad
Jou aan my kant
Loop ons hand in hand
En niks kan ons keer
Bereik elke dag net meer
Vat die pad na vorentoe
Net ek en jy alleen
Want as jy val is ek altyd daar
Vat die pad na vorentoe
Gryp net my hand
Jy is my beter helfte
Ek kan nie sonder jou
Sonder jou is ek n' digte sonder woorde
'n Lied sonder akkoorde
'n Son wat nooit kan skyn
'n Maan wat in die donker nag verdwyn
Vir my skyn jy 'n nuwe lug
Sit 'n smile op my gesig
Jy maak my weer rustig
Ly my grootse toevlug
Written by: Charlize Berg, Jaco Van Der Berg