音乐视频

音乐视频

制作

出演艺人
Snotkop
Snotkop
表演者
作曲和作词
Andreas Baertels
Andreas Baertels
作曲
Francois Henning
Francois Henning
作词

歌词

Ek besit nie veel nie, my geld is min
Maar as jy hier by my is
Is ek die rykste man
Die rykste wat daar is
In ʼn sinkdakhuis kan ons twee bly
Solank jy bly by my
Voel ʼn eenslaapkamer huis
Nes ʼn paleis
En daar is een ding wat ek weet
As jy jou liefde met my deel
Is dit al wat ek in die wêreld voor sal leef
So ek laat jou weet
Soos die Kaap se mooiste somer
Is jy vir my
En soos my plattelandse drome
Is jy vir my
Daar's net een ding wat ek nodig
Daar's net een so ongelooflik
Daar's net een in die wêreld vir my
En babe dis jy
Ek vra nie veel nie, ek droom maar klein
Maar met jou hier aan my sy
Is ek die grootste dromer
Die grootste wat jy kry
Op my enkelbed, kan ons twee lê
Solank jy lê by my
Kan ons die heelnag lank na die melkweg
Lê en kyk
En daar's een ding wat ek weet
As jy jou liefde met my deel
Is dit al wat ek in die wêreld voor sal leef
So ek laat jou weet
Soos die Kaap se mooiste somer
Is jy vir my
En soos my plattelandse drome
Is jy vir my
Daar's net een ding wat ek nodig
Daar's net een so ongelooflik
Daar's net een in die wêreld vir my
En babe dis jy
Soos die klein Karoo se stilte
Is jy vir my
Soos ʼn lugtoring se rigting
Is jy vir my
Soos die Kaap se mooiste somer
Is jy vir my
En soos my plattelandse drome
Is jy vir my
Daar's net een ding wat ek nodig
Daar's net een so ongelooflik
Daar's net een in die wêreld vir my
En babe dis jy
Daar's net een ding wat ek nodig
Daar's net een so ongelooflik
Daar's net een in die wêreld vir my
En babe dis jy
Written by: Andreas Bärtels, Francois Henning
instagramSharePathic_arrow_out

Loading...