歌詞
[Verse 1]
My vliegtuig maak 'n wye draai oor Walvisbaai
Die ou Namib groet my, haar sand lê wyd en ver
En by Langstrand verby deur Swakop tot op Henties
Daar by die Spitskop stop ons vir 'n koue bier
[Chorus]
Oh-oh-oh Torrabaai roep my en ek kom huis toe
Daar waar die tente waai en ons liefde oor die strande spoel
Oh-oh-oh Torrabaai ons kom weer na jou toe
Dis die plek waar die see en die duine lepel lê
Ja, dis die plek waar die see en die duine lepel lê
[Verse 2]
Die skeleton hek trap die dors in ons keel vas
Want die son trek water en die manne raak almal dors
Die bote staan en wag met 'n Jagermeister
En vanaand is die aand wat ons die kabbeljou gaan terg
[Chorus]
Oh-oh-oh Torrabaai roep my en ek kom huis toe
Daar waar die tente waai en ons liefde oor die strande spoel
Oh-oh-oh Torrabaai ons kom weer na jou toe
Dis die plek waar die see en die duine lepel lê
[Verse 3]
Met die indraai slag sien ek vir Sunday glimlag
Ou Piet met sy pyp wat ons al lankal inwag
En Oom Daantjie en Oom Jan hulle is legends hier
[Verse 4]
Maar dis die afskeid wat die meeste seermaak
En huis toe gaan met 'n hartseer glimlag
Maar volgende jaar dan kom ons net weer terug
[Chorus]
Torrabaai roep my en ek kom huis toe
Daar waar die tente waai en ons liefde oor die strande spoel
Oh-oh-oh Torrabaai ons kom weer na jou toe
Want dis die plek waar die see en die duine lepel lê
Ja, dis die plek waar die see en die duine lepel lê
Dis die plek wat my hart gesteel het ek wil hier kom lê
By Torrabaai
Written by: Piet Farrell, Ray Dylan


