積分
演出藝人
Laurika Rauch
聲樂
T. Christen
音樂家
詞曲
Christopher Torr
作曲
T. Christen
作曲
U Jürgens
作曲
製作與工程團隊
Coleske
製作人
歌詞
Die golwe weet waar breek die branders
Hulle dink hulle's vry
Die wolke wentel in die hemel maar
Op die winde moet hul ry
Dis vroeg in die dag op Blouberg se strand
Die wind gaan nog waai, die son gaan nog brand
Maar dis koel na die lang nag
En ons groet die dag
Goeie môre, my sonskyn, goeie môre, my kind
Kom ons draf langs die strand, kom ons ry op die wind
Die sand sal ons skroei en die strale sal brand
Maar dis vroeg in die dag op Blouberg se strand
Daar is witgekalkte huise
En ou Tafelberg
Daar is hengelaars met stok en hoed
Wat vroeg visse terg
My pa sê, my kind, ons moet swart mossels vind
Ons is lief vir die see, ek is lief vir my kind
Ja, dis koel na die lang nag
En ons groet die dag
Goeie môre, my sonskyn, goeie môre, my kind
Kom ons draf langs die strand, kom ons ry op die wind
Die sand sal ons skroei en die strale sal brand
Maar dis vroeg in die dag op Blouberg se strand
Goeie môre, my sonskyn, goeie môre, my kind
Kom ons draf langs die strand, kom ons ry op die wind
Die sand sal ons skroei en die strale sal brand
Maar dis vroeg in die dag op Blouberg se strand
Written by: Christopher Torr, T. Christen, U Jürgens