類似的歌曲
積分
作曲和作词
Ruth Rozanne Kahts
词曲作者
制作和工程
Werner Kahts
制作人
Good Morning Sweet Songbird
录音工程师
Stefan Swart
混音工程师
Rogan Kelsey
母带工程师
歌詞
Ek lig my oë op
Waar sal my hulp vandaan kom?
En as dit donker word
Wie sal my paaie lei?
Die Heer is my lig
Die lamp wat my voete rig
Dis Sy krag wat my dra
Wat my in swakheid weer vas laat staan
Die berge sal skuif
In die see in gedryf word
Die see sal 'n pad word
En ons sal ongedeerd na die anderkant reis
Sterk vestings sal val
Ons sal oorwinning behaal
God gaan voor ons uit
As gevaar wil dreig
Wie sal my laat veilig bly?
En as my voet wil gly
By wie sal ek steun kan kry?
Die Heer's my bewaarder
Die skadu aan my regterhand
Hy laat my hoog op die kranse se randjies staan
Die berge sal skuif
In die see in gedryf word
Die see sal 'n pad word
En ons sal ongedeerd na die anderkant reis
Sterk vestings sal val
Ons sal oorwinning behaal
God gaan voor ons uit
Jy hoef niks te vrees
God gaan voor ons
Hy sal namens ons veg
God gaan voor ons
Kan stilweg vertrou
God gaan voor ons uit
Die berge sal skuif
In die see in gedryf word
God gaan voor ons uit
Writer(s): Ruth Kahts
Lyrics powered by www.musixmatch.com